Wie is McGêfters

McGêfters is 'n trotse Suid-Afrikaanse besigheid wat praktiese, hoëgehalte magnetiese bykomstighede ontwerp vir mense wat lief is vir die buitelewe.

Ons produkte is ontwerp vir kamp, braai, jag, visvang, 4x4-avonture en elke kuier langs die pad of rugby veld. 

Elke McGêfters-produk word met sorg vervaardig uit duursame materiale en sterk rubberbedekte neodymiummagnete om jou voertuig te beskerm terwyl dit stewig vasklou.

Ons missie is eenvoudig:

Om innoverende produkte te bou wat gemaak is om te klou.

Dankie dat jy McGêfters ondersteun.

Gebou om te Klou.