McGêfters TotShot – Black Only

McGêfters TotShot – Black Only

R 899.00
Skip to product information
McGêfters TotShot – Black Only
1/6

McGêfters TotShot – Black Only

R 899.00

Handgemaak van staal, is die TotShot ontwerp met gemak en lekker tye in gedagte.

Geen gestry meer oor wie se beurt dit is om die volgende “een” te gooi nie. Met hierdie McGêfter is dit sommer eenvoudig.

Die TotShot hou jou brandewyn- of whiskybottel stewig in plek en klou maklik aan jou voertuig, yskas of selfs langs jou braaier vas met 4 × 45 mm neodymium-magnete. So kan jy elke keer die perfekte dop gooi.
(Plaatjie vir langs jou braaier ingesluit.)

Die magnete is met ’n rubberbedekking toegerus om te help keer dat jou voertuig nie krap nie.

Perfek vir:

• Bos- en bakkiekuiers
• 4x4-entoesiaste
• Jagters
• Kampeerders
• Of sit hom sommer aan jou yskas of braai vas as jy nog nie jou droom-huiskroeg het nie.

Die TotShot is ontwerp om op die meeste voertuie te pas en die meeste 750 ml- en 1 L-bottels te kan hou.

📦 Versending & Beskikbaarheid

Wanneer die TotShot in voorraad is, word bestellings gewoonlik binne 1–3 werksdae uitgestuur.

As die TotShot tydelik uit voorraad is, kan jy steeds jou bestelling plaas. Omdat elke TotShot met die hand gemaak word, laat asseblief 10–20 werksdae toe vir vervaardiging voordat jou bestelling uitgestuur word.

Ons probeer altyd om jou bestelling so gou as moontlik uit te stuur en sal jou deur die hele proses op hoogte hou.

McGêfters – GEBOU OM TE KLOU.

You may also like